Buster trek elke oggend die wapenrusting aan! Maar hoe werk dit?
Ek dink ons moet die maatjies leer hoe dit werk! Laai die wapenrusting af en trek dit elke oggend aan saam Buster
WAARHEID
Om jou heupe het jy mos die GORDEL styf vasgebind. Maar dis nie sommer enige belt nie, hierdie belt se naam is WAARHEID. Om die waarheid te praat en reg te doen is ‘n goeie, goue reël! Dis belangrik, want as ons die waarheid praat en leef (soos om nie te steel nie) help dit ons om uit die moeilikheid te bly en ook nie pakslae te kry nie! Dit beskerm ons!
GEREGTIGHEID
Met die BORSHARNAS wil God hê dat ons, ons harte moet beskerm. Ons is God se kinders, kampioen kinders elkeen, NET SOOS jy is. Hoera!!
BEREIDHEID
En die oulike paar SKOENE in die wapenrusting herinner ons vir almal moet loop en vertel dis so lekker soos ‘n cracker, om die Here te dien en hulle moet dit sommer kan sien.
GELOOF
Met die SKULD VAN GELOOF moet jy WEET jy is veilig: DIT IS WAT GELOOF IS.
VERLOSSING
Die HELM op my kop is ‘n wonderlike ding want dit laat my onthou ek moet mooi dinge dink… al is ons lelik, al is ons oud, al is ons stout, ons bly altyd God se kinders. ONS IS VRY!
GEES
Laaste maar nie die minste nie… DIE SWAARD VAN WAARHEID : Dit is die BYBEL. Ons lees en leer die waarheid in God se Woord!
Verlossing
Geregtigheid
Waarheid
Geloof
Gees
Bereidheid